Wu Xing

’n Diagram van die wisselwerkings tussen die Wu Xing.

Die Wu Xing (Chinees: 五行, ook bekend as onder meer die Vyf Fases of Vyf Elemente)[1] is die kort vorm van Wǔ zhǒng liúxíng zhī qì (五種流行之氣), of "die vyf soorte chi wat op verskillende tye oorheers".[2] Dit is ’n vyfvoudige skema wat op baie tradisionele Chinese terreine gebruik word om ’n groot verskeidenheid verskynsels te verduidelik, van kosmiese siklusse tot die wisselwerking tussen interne organe, en van die opvolging van politieke regimes tot die eienskappe van medisyne. Die Vyf Elemente is vuur (火, huo), water (水, shui), hout (木, mu), metaal (金, jin) en aarde (土, tu).[3][4][5]

Die stelsel is gebruik om die wisselwerkings en verhoudings tussen verskynsels te verduidelik. Nadat dit in die 2de of 1ste eeu v.C. tydens die Han-dinastie gewild geword het, is dit op baie terreine van Chinese denke gebruik, insluitende oënskynlik uiteenlopende velde soos Feng shui, astrologie, medisyne, musiek, militêre strategie en gevegskuns. Dit word steeds as ’n verwysing gebruik in sommige vorme van medisyne en gevegskuns.

  1. Dr Zai, J. Taoism and Science: Cosmology, Evolution, Morality, Health and more. Ultravisum, 2015.
  2. "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Mei 2016. Besoek op 16 Junie 2017.
  3. Deng Yu; Zhu Shuanli; Xu Peng; Deng Hai (2000). "五行阴阳的特征与新英译" [Characteristics and a New English Translation of Wu Xing and Yin-Yang]. Chinese Journal of Integrative Medicine. 20 (12): 937.
  4. Deng Yu et al; Fresh Translator of Zang Xiang Fractal five System,Chinese Journal of Integrative Medicine; 1999
  5. Deng Yu et al,TCM Fractal Sets中医分形集,Journal of Mathematical Medicine ,1999,12(3),264-265

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy